Volksrepubliek China

Volksrepubliek China
中华人民共和国 (Chinees)
Zhōnghuá Rénmín Gònghéguó
Vlag van die Volksrepubliek China Embleem van die Volksrepubliek China
Vlag Embleem
Volkslied: 《义勇军进行曲》(《義勇軍進行曲》
Yìyǒngjūn Jìnxíngqǔ
(Chinees vir: "Mars van die Vrywilligers")
Ligging van die Volksrepubliek China
Hoofstad Beijing (Peking)

39°55′N 116°23′O / 39.917°N 116.383°O / 39.917; 116.383

Grootste stad Shanghai[1]

31°14′N 121°28′O / 31.233°N 121.467°O / 31.233; 121.467

Amptelike tale Chinees[2]
Regering

President
Eerste minister
Adjunkpresident
• 1ste Adjunkpremier
Enkelparty
sosialistiese staat[3]
Xi Jinping
Li Qiang
Han Zheng
Han Zheng
Onafhanklikheid
Vorming
• Eerste voorkeiserlike dinastie
• Vereniging van China
onder die Qin-dinastie
• Republiek gestig
• Volksrepubliek verklaar
• Volksrepubliek geproklameer
• Huidige grondwet



2070 v.C.
221 v.C.
1 Januarie 1912
21 September 1949
1 Oktober 1949
4 Desember 2018
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
9 596 961[4] of 9 572 900[5] km2  (3de/4de)
3 705 407 myl2
2,8
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2020-sensus
 - Digtheid
 
1 411 750 000[6] (1ste)
1 411 778 724[7]
145 / km2 (83ste)
375,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$32 529 miljard[8] (1ste)
$23 038[8] (72ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$19 244 miljard[8] (2de)
$13 629[8] (65ste)

MOI (2021) 0,768[9] (79ste)  –  hoog
Gini (2019) 38,2[10] –  medium
Geldeenheid Renminbi (¥) (CNY)
Tydsone
 - Somertyd
SST (UTC+8:00)
nie toegepas nie (UTC+8:00)
Internet-TLD .cn, .中國, .中国
Skakelkode +86

Die Volksrepubliek China[11] (Mandaryn-Chinees: 中華人民共和國, pinyin: Zhōnghuá Rénmín Gònghéguó; wat soms ook Rooi-China of dikwels net China genoem word) is 'n groot land in Oos-Asië en een van twee Chinese state wat daarop aanspraak maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van China is (sien ook Republiek China). Dit beslaan die grootste deel van die kulturele, historiese en geografiese grondgebied wat bekend staan as China. Dit is die land met die grootste bevolking ter wêreld, sowat 1,4 miljard, van wie die meeste etnies as van Han-Chinese herkoms geklassifiseer word.

Nasa-Satellietbeeld van China
In China se groot metropole begin met groeiende lewenstandaarde ook vroeë vorme van 'n burgerlike samelewing ontwikkel – met maatskaplik-verantwoordelike burgers

Nog tot in die 16de eeu was China die hoogs ontwikkelde beskawing op aarde wat homself as die middelpunt van die wêreld beskou het – 'n land wat met sy handelsvloot op alle oseane gevaar en handel met alle wêrelddele gedryf het, 'n land waar tegnologiese en kulturele vooruitgang bewerkstellig is met uitvindings soos papier, buskruit, drukkuns, kompas en porselein. Die Volksrepubliek China het intussen 'n fase in sy ontwikkeling betree waar dit as ekonomiese, politieke en militêre grootmoondheid by hierdie verlede kan aanknoop om die Chinese Droom te verwesenlik.

Vir langer as 2000 jaar is die land deur ’n reeks magtige dinastieë regeer. In 1912 word dit ’n republiek, en in 1949, ná 'n lang oorlog tussen die nasionaliste en die kommuniste, ’n kommunistiese staat bekend as die Volksrepubliek China. Die staat is sedert sy stigting in 1949 deur die Kommunistiese Party van China (aanvanklik onder Mao Zedong) gelei. Die vestiging van 'n kommunistiese bewind volgens die voorbeeld van die Sowjetunie en 'n staatsbeheerde ekonomie word deur politieke ontleders en historici dikwels as die eerste van drie rewolusies in China se 20ste en 21ste eeuse geskiedenis beskou. Ten spyte van alle verwagtinge wat in die weste met die val van kommunisme in die Sowjetunie en die Oosbloklande in 1989 gekoester is, het China se kommunistiese stelsel geblyk om uiters stabiel te wees.

Meer onlangs het die Volksrepubliek China ekonomies vinnig ontwikkel. Vandag is dit een van die belangrikste ekonomiese en industriële moondhede in die wêreld wat volgens sy ekonomiese beplanning tot 2049, wanneer dit die eeufees van die Chinese Rewolusie sal vier, tot die voorste nywerheidsland op aarde sal groei.

Vryheid van spraak word beperk en toegang tot die internet word streng beheer. Die hardhandige onderdrukking van die Tiananmen-plein-opstand in 1989 en die voortgesette onderwerping van die Tibettaanse volk vertroebel egter China se internasionale beeld.[12]

  1. (en) Chan, Kam Wing (2007). "Misconceptions and Complexities in the Study of China's Cities: Definitions, Statistics, and Implications" (PDF). Eurasian Geography and Economics. 48 (4): 383–412. doi:10.2747/1538-7216.48.4.383. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 15 Januarie 2013. Besoek op 14 Augustus 2014. bl. 395
  2. (en) "Law of the People's Republic of China on the Standard Spoken and Written Chinese Language (Order of the President No.37)". Chinese Regering. 31 Oktober 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2019. Besoek op 1 Oktober 2018.
  3. (en) "Constitution Of The People's Republic Of China". People's Daily. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 1 Oktober 2018.
  4. (en) "Demographic Yearbook—Table 3: Population by sex, rate of population increase, surface area and density" (PDF). UN Statistics. 2007. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op 1 Oktober 2018.
  5. (en) "China". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 Maart 2023.
  6. (en) "China's first population fall since 1961 creates 'bleaker' outlook for country". The Guardian. 17 Januarie 2023. Besoek op 11 Maart 2023.
  7. (en) "Communiqué of the Seventh National Population Census (No. 2)". Nasionale Kantoor vir Statistiek van China. 11 Mei 2021. Besoek op 11 Maart 2023.
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 (en) "China". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2022. Besoek op 11 Maart 2023.
  9. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 11 Maart 2023.
  10. (en) "Gini Index – China". Wêreldbank. Besoek op 11 Maart 2023.
  11. (af) Afrikaanse Woordelys en Spelreëls; Elfde, omvattend hersiene uitgawe, 2017, ISBN 978-1-86890-207-1: "China Chinese Chinees"
  12. (af) HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search